Tuesday, 27 August 2013

Die kombuis, my gelukkige plek

Hello J dankie dat jy ingeloer het!

My naam is Kirsten.
 
Ek is die jongste in ‘n familie van vier. Ek woon in Kaapstad saam met my ouers en my ouer suster. Ek is lief vir bak en kos maak. Ek het alreeds van n jong ouderdom so gevoel. Ek het my ma dopgehou terwyl sy kos voorberei het vir aandetes en vir familie byeenkomste. My ma het my gereeld toegelaat om in die kombuis te help maar ek dink steeds ek het die meeste van kosmaak by my ouma geleer. My ouma neem altyd die tyd om haar resepte met my te deel.

My beste herinneringe was van die tye wat die familie saam in die kombuis kosgemaak het en die geseligheid wat daarmee saamgegaan het. Kosmaak was altyd ‘n sosiale geleentheid vir ons. ‘n Verder passie van my is om te bak. Ek het die mees ongelooflike resepte vir nagereg en die meeste van hulle was deur my ouma aan my gegee. Ek geniet dit om met nuwe resepte te ekspereminteer. Ek geniet dit die meeste wanneer ek vir my familie en vriende kan kos maak en veral as ek kan sien dat hulle dit werklik geniet.
 
Ek hoop jy geniet my resepte en dat dit jou sal aanspoor om met jou eie creatiewe geregte voorteberei.