Monday, 30 September 2013

My blog ervaring...


Om eerlik te wees, ek was baie senuweeagtig toe ek gehoor het dat ons ‘n blog moes ontwerp. Ek het nog nooit ‘n blog ontwerp nie, of een gelees nie, so ek het nie geweet waar om te begin nie. Wat ek wel oor seker was is my blog se onderwerp, en dit sou alles oor kosmaak gaan.
Kosmaak was altyd ‘n liefde van my en  hierdie blog wat ek ontwerp het, het  dit net meer duidelik vir my gemaak dat kosmaak ‘n groot passie van my is. Ek het ook baie prêt gehad. Dit het my laat terugdink  aan die goeie  dae van die verlede en ook te skryf oor die goeie ou herrineringe. Ek het die proses geniet want ek het meer van my vriende geleer en gelees oor hulle verlede, en hoe hulle gekom het waar hulle nou is. Een van my vriendinne se blog’s was oor God en ek het dit baie geniet om haar inskrywings te lees aangesien dit ‘n groot inspirasie vir my was. Ek verstaan nou hoekom so baie mense blog’s het, want dit is plek om te gaan waar jy al jou gedagtes kan neerskryf.

Ek is bly ek het die geleentheid gekry om ‘n blog te ontwerp. Hierdie proses was baie insiggewend en ek gaan voortaan beslis ander mense se kos blog’s lees. 

Tuesday, 24 September 2013

Tuna wiele


Hierdie tuna wiele resep is een van my gunsteling disse om te maak. Ek het hierdie resep by my tannie geleer, ons het dit altyd in Hermanus by ons vakansie huis gemaak.
 
Die bestandele bestaan uit:

Deeg

· 275g koekmeelblom
· 10ml bakpoeier
· 5ml witsuiker
· 2ml sout 
· 50g gerasperde kaas
· 125ml sonneblomolie
· 125ml melk
Vulsel

· 1 blikkie tuna, gedreineer en gevlok
· 2 hardgekookte eiers, grof gerasper
· bietjie gekapte ui
· bietjie sout en peper
· mayonnaise om mee te-bind
· gekapte pietersielie vir bo-oor

Voorverhit die oond tot 180 ̊ C. Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Voeg die kaas by en meng. Klits die melk en olie saam. Sny dit met n slaplemmes by die droё bestandele in. Druk die frummeis aanmekaar om ‘n deeg te vorm. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide werkplank uit in ‘n reghoek van 40 x 30cm.
 
Meng die tuna, eiers, ui, sout en peper en bind dit met mayonnaise. Smeer die vuisel op die deeg. Rol die deeg oorlangs soos ‘n rolkoek op. Plaas dit in ‘n sirkel op ‘n gesmeerde bakplaat. Sny dit in skywe met ‘n skerp mes, maar moenie die skywe heeltemaal deursny nie. Bestryk die rol met melk en strooi pietersielie oor.
 
Bak die tuna wiele vir 20 tot 30 minute in die oond tot gaar en goudbruin. Dien dit louwarm op.

.

Monday, 16 September 2013

'n Spesiale dag

My liefde vir kosmaak het alreeds begin as 'n jong kind, maar het nog meer duideliker geword toe ek in die koshuis was.

Ek was in graad agt en dit was my eerste jaar as 'n koshuis kind.  Dit was die tweede dag in die koshuis toe ek skielik wakker gemaak is deur die lui van 'n klokkie.  Ons moes almal by die eetsaal byeenkom.  Die koshuis prefekte het ons meegedeel dat ons 'n potjiekos kompetisie gaan hou.  Hulle het ons in groepe van 4 gedeel.  Ek was so opgewonde want dit was kos wat aan my bekend was.  My familie is Afrikaans en hulle maak gereeld potjiekos by familie byeenkomste.  Ek het nog nie baie vriende gemaak nie en die potjiekos kompetisie was 'n goeie sosiale geleentheid om ander mense te leer ken. 

Ons moes ons eie pot en bestandele saam koshuis toe neem om die pot te maak.  Ek het besluit om 'n hoenderkerrie potjie te maak.  Ek en die res van my span het die groente en hoender voorberei.  Die span het besluit dat ek die kos moes maak. Die potjie het lekker stadig oor matige kole gaar geword en toe die span dit proe was hulle baie beindruk met die eindresultaat.  Die kos was smullekker met net die regte balans van speserye daarin.  Die beoordelaars het kom proe en ons as die wenners aangewys. Ons was so bly dat die mense ons kos geniet het. Ek het van my beste vriendinne daar gemaak en hulle is nog steeds my vriende.

Kos is iets wat mense saambring en nuwe vriende word by sosiale byeenkomste gemaak.






Monday, 2 September 2013

Heerlike lendeskyf

Kom ons neem 'n kort pad wat baie vining is en waar jy jou vingers gaan af-eet van lekkerte.  Ons begin ons paaitjie gou gou by die winkels.   By die vleisafdeling kry ‘n kilogram lende lendeskyf en al die volgende bestandele  wat nog benodig word is:


·         1 houertjie room

·         Een pakkie sampioene

·         Een pakkie wit uiesop

·         Een groot ui

·         1 Lepel blatjang

·         1 Lepel tamatiesous

·         1 Lepel worcestersous

 
Neem ‘n  oondskottel en bespuit die skottel met daardie, nie- vassit- spuit.  Nou kom die heerlike lendeskyf te voorskyn.  Druk dit in droё meel wat gemeng is met sout en peper en plaas dit vir lae in die oondskottel.  Kerf  nou die sampioene een vir een in rowe stukke op en strooi dit oor die lendeskyf.  Sny jou groot ui in ringe sonder om die ringe te breek, pak dit bo-op die lendeskyf. Gebruik die wit uiessop poeier en meng dit met die tamatiesous, blatjang en worcestersous totdat dit vir jou ‘n bruin skynsel gee.  Gooi die mengsel oor die lendeskyf, sampioene en uie sodat dit verdrink in die sous.  Rasper ‘n kaas kombersie bo-oor en bak dit in ‘n oond op 180 grade, vir ongeveer ‘n uur en n half. 


Vir die volgende dag, warm of koud, nogsteeds so lekker soos die vorige aand.

 

Tuesday, 27 August 2013

Die kombuis, my gelukkige plek

Hello J dankie dat jy ingeloer het!

My naam is Kirsten.
 
Ek is die jongste in ‘n familie van vier. Ek woon in Kaapstad saam met my ouers en my ouer suster. Ek is lief vir bak en kos maak. Ek het alreeds van n jong ouderdom so gevoel. Ek het my ma dopgehou terwyl sy kos voorberei het vir aandetes en vir familie byeenkomste. My ma het my gereeld toegelaat om in die kombuis te help maar ek dink steeds ek het die meeste van kosmaak by my ouma geleer. My ouma neem altyd die tyd om haar resepte met my te deel.

My beste herinneringe was van die tye wat die familie saam in die kombuis kosgemaak het en die geseligheid wat daarmee saamgegaan het. Kosmaak was altyd ‘n sosiale geleentheid vir ons. ‘n Verder passie van my is om te bak. Ek het die mees ongelooflike resepte vir nagereg en die meeste van hulle was deur my ouma aan my gegee. Ek geniet dit om met nuwe resepte te ekspereminteer. Ek geniet dit die meeste wanneer ek vir my familie en vriende kan kos maak en veral as ek kan sien dat hulle dit werklik geniet.
 
Ek hoop jy geniet my resepte en dat dit jou sal aanspoor om met jou eie creatiewe geregte voorteberei.