Monday, 16 September 2013

'n Spesiale dag

My liefde vir kosmaak het alreeds begin as 'n jong kind, maar het nog meer duideliker geword toe ek in die koshuis was.

Ek was in graad agt en dit was my eerste jaar as 'n koshuis kind.  Dit was die tweede dag in die koshuis toe ek skielik wakker gemaak is deur die lui van 'n klokkie.  Ons moes almal by die eetsaal byeenkom.  Die koshuis prefekte het ons meegedeel dat ons 'n potjiekos kompetisie gaan hou.  Hulle het ons in groepe van 4 gedeel.  Ek was so opgewonde want dit was kos wat aan my bekend was.  My familie is Afrikaans en hulle maak gereeld potjiekos by familie byeenkomste.  Ek het nog nie baie vriende gemaak nie en die potjiekos kompetisie was 'n goeie sosiale geleentheid om ander mense te leer ken. 

Ons moes ons eie pot en bestandele saam koshuis toe neem om die pot te maak.  Ek het besluit om 'n hoenderkerrie potjie te maak.  Ek en die res van my span het die groente en hoender voorberei.  Die span het besluit dat ek die kos moes maak. Die potjie het lekker stadig oor matige kole gaar geword en toe die span dit proe was hulle baie beindruk met die eindresultaat.  Die kos was smullekker met net die regte balans van speserye daarin.  Die beoordelaars het kom proe en ons as die wenners aangewys. Ons was so bly dat die mense ons kos geniet het. Ek het van my beste vriendinne daar gemaak en hulle is nog steeds my vriende.

Kos is iets wat mense saambring en nuwe vriende word by sosiale byeenkomste gemaak.






1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. meer duideliker - duideliker
    2. koshuiskind - een woord
    3. koshuisprefekte - een woord
    4. beïndruk - met 'n ï (alt 139)

    ReplyDelete