Hierdie tuna wiele
resep is een van my gunsteling disse om te maak. Ek het hierdie resep by my
tannie geleer, ons het dit altyd in Hermanus by ons vakansie huis gemaak.
Die
bestandele bestaan uit:
Deeg
· 275g koekmeelblom
· 10ml bakpoeier
· 5ml witsuiker
· 2ml sout
· 50g gerasperde kaas
· 125ml sonneblomolie
· 125ml melk
Vulsel
· 1 blikkie tuna, gedreineer en
gevlok
· 2 hardgekookte eiers, grof
gerasper
· bietjie gekapte ui
· bietjie sout en peper
· mayonnaise om mee te-bind
· gekapte pietersielie vir bo-oor
Voorverhit die oond tot 180 ̊ C.
Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Voeg die kaas by en meng. Klits die
melk en olie saam. Sny dit met n slaplemmes by die droё bestandele in. Druk die
frummeis aanmekaar om ‘n deeg te vorm. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide werkplank
uit in ‘n reghoek van 40 x 30cm.
Meng die tuna, eiers, ui, sout en
peper en bind dit met mayonnaise. Smeer die vuisel op die deeg. Rol die deeg
oorlangs soos ‘n rolkoek op. Plaas dit in ‘n sirkel op ‘n gesmeerde bakplaat. Sny
dit in skywe met ‘n skerp mes, maar moenie die skywe heeltemaal deursny nie. Bestryk
die rol met melk en strooi pietersielie oor.
Bak die tuna wiele vir 20 tot 30
minute in die oond tot gaar en goudbruin. Dien dit louwarm op.
.
dit is opwindend! Ek het nog altyd blikkies tuna rondlê by die huis so ek sal seker wees dat hierdie resep volgende keer is ek om te probeer om in die bui vir 'n paar tuna, en sal foto's plaas van die uitslag van hierdie gereg
ReplyDeleteDefinitief op my lysie van disse vir die toekoms!
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
1. vakansiehuis - een woord
2. n - 'n
3. frummeis ?
4. oorlangs - ?