Om eerlik te wees, ek was baie senuweeagtig toe ek gehoor
het dat ons ‘n blog moes ontwerp. Ek het nog nooit ‘n blog ontwerp nie, of een
gelees nie, so ek het nie geweet waar om te begin nie. Wat ek wel oor seker was
is my blog se onderwerp, en dit sou alles oor kosmaak gaan.
Kosmaak was altyd ‘n
liefde van my en hierdie blog wat ek
ontwerp het, het dit net meer duidelik
vir my gemaak dat kosmaak ‘n groot
passie van my is. Ek het ook baie prêt gehad. Dit het my laat terugdink aan die goeie dae van die verlede en ook te skryf oor die
goeie ou herrineringe. Ek het die proses geniet want ek het meer van my vriende
geleer en gelees oor hulle verlede, en hoe hulle gekom het waar hulle nou is.
Een van my vriendinne se blog’s was oor God en ek het dit baie geniet om haar
inskrywings te lees aangesien dit ‘n groot inspirasie vir my was. Ek verstaan
nou hoekom so baie mense blog’s het, want dit is plek om te gaan waar jy al jou
gedagtes kan neerskryf.
Ek is bly ek het die geleentheid gekry om ‘n blog te
ontwerp. Hierdie proses was baie insiggewend en ek gaan voortaan beslis ander
mense se kos blog’s lees.
Ek is baie bly dat jy dit geniet het en iets van jouself en jou vriende kon leer. Elke keer as ek jou "blog" oopgemaak het en die foto op jou agtergrond oopmaak, was ek sommer lus vir eet ;-)
ReplyDelete